Afrikaans Bible

2 THIMOTHEUS 1

1 THIMOTHEUS

Return to Index

Chapter 2

1

 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;

2

 en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.

3

 Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van Jesus Christus.

4

 Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

5

 En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.

6

 Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.

7

 Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!

8

 Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,

9

 waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos 'n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.

10

 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

11

 Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.

12

 As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.

13

 As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

14

 Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.

15

 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

16

 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,

17

 en hulle woord sal voortwoeker soos 'n kanker, onder wie daar Himen‚s en Fil‚tus is,

18

 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

19

 Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

20

 Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.

21

 As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.

22

 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag n  geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

23

 En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;

24

 en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.

25

 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

26

 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.

2 THIMOTHEUS 3

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: