Afrikaans Bible

PSALMS 47

PSALMS

Return to Index

Chapter 48

1

 'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag.

2

 Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!

3

 Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!

4

 God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.

5

 Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.

6

 Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.

7

 Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.

8

 Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.

9

 Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leĆ«rskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.

10

 o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.

11

 Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.

12

 Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele.

13

 Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;

14

 let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, [ (Psalms 48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe. ]

PSALMS 49

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: