Afrikaans Bible

PSALMS 44

PSALMS

Return to Index

Chapter 45

1

 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.

2

 My hart word bewoĆ« deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.

3

 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseĆ«nvir ewig.

4

 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;

5

 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!

6

 U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.

7

 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.

8

 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.

9

 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.

10

 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.

11

 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;

12

 en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer.

13

 En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.

14

 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.

15

 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.

16

 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.

17

 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ]

PSALMS 46

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: