Afrikaans Bible

RIGTERS 7

RIGTERS

Return to Index

Chapter 8

1

 Toe sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.

2

 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Abiëser nie?

3

 God het die vorste van M¡dian, Oreb en Seëb, in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.

4

 En G¡deon het gekom by die Jordaan, en hy en die drie honderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.

5

 En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog broodjies vir die manskappe wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om Seba en S lmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.

6

 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?

7

 Toe sê G¡deon: Daarom, as die HERE Seba en S lmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.

8

 En daarvandaan het hy opgetrek na Pnuel en met hulle net so gespreek; maar die manne van Pnuel het hom geantwoord net soos die manne van Sukkot geantwoord het.

9

 Daarop spreek hy ook met die mense van Pnuel en sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi.

10

 Seba en S lmuna was toe in Karkor, en hul leër by hulle, omtrent vyftien duisend, al wat oor was uit die hele leër van die kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd en twintig duisend man wat die swaard kon uittrek.

11

 En G¡deon het opgetrek met die pad van die tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jogbeha, en hy het die leër verslaan terwyl die leër gerus was.

12

 En Seba en S lmuna het gevlug, maar hy het hulle agternagejaag en die twee konings van M¡dian, Seba en S lmuna, gevang nadat hy die hele leër uiteengejaag het.

13

 En toe G¡deon, die seun van Joas, terugkom uit die geveg, van die nek Heres af,

14

 vang hy 'n seun van die mense van Sukkot en vra hom uit; en die het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe, sewe en sewentig man.

15

 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy: Hier is Seba en S lmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die handpalm van Seba en van S lmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide manskappe brood moet gee?

16

 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam met die woestyndorings en die distels, en hy het die manne van Sukkot daarmee 'n les geleer.

17

 En die toring van Pnuel het hy omgegooi en die manne van die stad gedood.

18

 En hy het Seba en S lmuna gevra: Wat vir manne was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle: elkeen van gestalte koninklike seuns.

19

 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die HERE leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.

20

 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op, maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang was; want hy was nog 'n seun.

21

 Toe sê Seba en S lmuna: Staan u self op en val op ons aan, want soos die man is, is sy krag. G¡deon het toe opgestaan en Seba en S lmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy geneem.

22

 Daarop sê die manne van Israel vir G¡deon: Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die hand van die Midianiete.

23

 Maar G¡deon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die HERE sal oor julle heers.

24

 Verder het G¡deon vir hulle gesê: Ek wil aan julle 'n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle het goue ringe gedra, omdat hulle Ismaeliete was.

25

 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle het 'n mantel uitgesprei en elkeen 'n ring van sy buit daarop gegooi.

26

 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra het, was sewentien honderd sikkels goud, behalwe die maantjies en die oorversiersels en purper klere wat die konings van M¡dian gedra het, en behalwe die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.

27

 En G¡deon het daar 'n skouerkleed van gemaak en dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele Israel het dit daar agternagehoereer, en dit het vir G¡deon en sy huis 'n strik geword.

28

 So moes die Midianiete dan buig voor die kinders van Israel, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die land het in G¡deon se dae veertig jaar lank gerus.

29

 En Jerubbaäl, die seun van Joas, het in sy huis gaan woon.

30

 En G¡deon het sewentig seuns gehad wat uit sy lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.

31

 En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom die naam Abim‚leg gegee.

32

 En G¡deon, die seun van Joas, het gesterf in goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader Joas, in Ofra van die Abiësriete.

33

 Maar net toe G¡deon dood was, het die kinders van Israel weer die Baäls agternagehoereer en van Baäl-Ber¡t vir hulle 'n god gemaak.

34

 En die kinders van Israel het nie gedink aan die HERE hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.

35

 En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerubbaäl, dit is G¡deon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.

RIGTERS 9

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: